Aanskou


Photo: Jelle Touw © 2017

Die wêreld sy so pragtmooi te aanskou

van hier my voëlnessie.

Verhul lê ek vingeralleen te broei

in die oseaan van grasgewas.

My keel sing niksnie meer vir die mense se oor.

My keel sing stil vir my eikinder in die kalkskil.

Stil gesing maak my die hart so kaggelwarm.

Geef een reactie

Je e-mailadres wordt niet gepubliceerd. Vereiste velden zijn gemarkeerd met *